Subscribe by Email

Verspringkampioen Luvo Manyonga wen ‘n silwer medalje

WEB_PHOTO_Luvo+ManyongaLuvo Manyonga het Suid-Afrika se sesde medalje by die Olimpiese Spele in Rio gewen toe hy ‘n silwer in die verspring-item buitgemaak het. Manyonga het die 2012 Olimpiese Spele misgeloop nadat hy positief getoets het vir tik en is vir 18 maande geskors. Gisteraand het hy egter met sy vyfde poging ‘n persoonlike beste van 8,37 meter aangeteken en daarmee was hy die voorloper. Die Amerikaner, Jeff Henderson, het egter laat in die sesde rondte 8,38 meter ver gespring en die goue medalje met een sentimeter gewen.