Subscribe by Email

Verskerpte Amerikaanse lugaanvalle op IS

 

Volgens berigte is vegters van die Islamitiese Staat in Sirië, wat die noordelike stad Kobani ingeneem het, teruggedryf deur verskerptekobane Amerikaanse lugaanvalle.

‘n Senior weermaglid, Idris Nahsen sê die militante het gister nog ‘n derde van die stad beheer, maar na die lugaanvalle het hulle teruggeval na dele in die ooste en suid-ooste van die stad.

Kobane, teenaan die grens van Turkye, het die fokuspunt van die stryd teen IS in Sirië geword.  Indien die militante die dorp oorneem, sal hulle ‘n groot gebied suid van die grens met Turkye beheer.

Sowat 200 000 mense , meestal Koerde, het reeds uit die gebied na Turkye gevlug.

Minstens 19 mense is in die protesoptrede in Turkye dood nadat betogers met die polisie slaags geraak het.