Subscribe by Email

Verskeie universiteite bly dié week gesluit

maxprice_700Die Universiteit Kaapstad het sy klasse vir dié week opgeskort. Visekanselier Max Price sê dit was nie ‘n maklike besluit nie, maar is geneem om persoonlike veiligheid en die terrein te beskerm. Studente betoog die afgelope week by verskeie tersiêre instellings vir gratis onderrig. Die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg en die Nelson Mandela-metropolitaanse universiteit in Port Elizabeth het ook besluit om dié week gesluit te bly.