Subscribe by Email

Verpleegster by Texas hospitaal het ook Ebola

Ebolaclothes

‘n Verpleegster in die hospitaal in Texas, Dallas, waar ‘n man verlede week aan die Ebola-virussiekte gesterf het,  het ‘n lae koors ontwikkel waarna sy vir toetse verwys is.

Sy het as positief vir die dodelike Ebola-virus getoets. Die verpleegster, wie se naam nie bekend gemaak is nie, is sover bekend die eerste persoon in amerika wat positief vir Ebola getoets is en nog nie in Wes-Afrika was nie.

Sy het beskermde klere gedra toe sy in kontak met Duncan was, het Dan Varga, hoof kliniese beampte van Texas Health Resources, op ‘n nuuskonferensie gesê. “Ons is werklike besorg.

Ons het nie ‘n analise van die versorging van Duncan as geheel nie en kyk daarna.” Clay Jenkins, die uitvoerende hoof van die deelstaat Dallas het gesê “Dit is kaarblyklik slegte nuus, maar dit is nie nuus wat tot paniek hoef  te lei nie.”

Die nuus kom op ‘n tydstip dat die Amerikaanse regering pogings verskepr om die verspreiding van die Ebola-virus aan bande te lê.

Wêreldgesonheidsorganisasie (WGO) het in a verklaring bevestig dat 375 gesondheids-werkers in Wes-Afrika al Ebola opgedoen het en 211 van hulle is daaraan dood.