Subscribe by Email

Veroordeelde seksoortreder vlug met 7 jarige meisie.

Danelle Maree, vermis

Die polisie is op soek na ’n 7 jarige meisie wat saam met haar ma en haar stief pa, ’n veroordeelde seksoortreder, verdwyn het.

Christo Maree, die biologiese pa van die 7 jarige Danelle Maree, het ’n hofbevel wat hom toesig en beheer oor die kind gee. In Maart vanjaar, is Danelle egter deur haar ma, Chantelle Louw en die stiefpa, Schalk Louw, uit haar pa se huis in Durban geneem en nooit weer gesien nie.

Die 7 jarige Danelle kan uitgeken word aan ’n geboorte vlek aan haar ken en sy het blou oë.

Schalk Louw, ’n veroordeelde seksoortreder, het tans ook 2 lasbriewe uit teen hom vir bedrog. Hy gebruik ook die naam Brian Spears. Hy is in 2008 skuldig bevind aan openbare onsedelikheid en het 9 maande tronkstraf uitgedien. In 2009 was hy ook skuldig bevind aan die onsedelike aanranding van ’n 14 jarige meisie.

Enige een met inligting oor Danelle, Schalk of Chantelle, kan 079 257 6741 skakel.