Subscribe by Email

Verontwaardiging oor die nege miljoen Rand wat aan motors vir Zuma se vrouens bestee is

58e56c9eae3e4d0a9bfff84c12d2038dDie Demokratiese Alliansie sê die nege miljoen Rand wat die Polisie die afgelope drie jaar bestee het aan motors vir president Jacob Zuma se vrouens, kon 116 studente vir ‘n jaar befonds het, of 38 studente vir ‘n kursus van drie jaar. Die minister van Polisie, Nathi Nhleko, het die syfer gister in die Parlement bekend gemaak op ‘n vraag wat Zakhele Mbhele van die opposisieparty gevra het. Mbhele sê Zuma is besig om Suid-Afrikaners leeg te tap: