Subscribe by Email

Vermoorde man se liggaamsdele steeds soek

Die polisie is steeds op soek na verskeie liggaamsdele van ’n 51 jarige man van Vereeniging, nadat sy liggaam sonder arms, bene, hart en longe, asook sonder kop gevind is.

Nicodemus Ramatsebe was blykbaar gekaap op 4 April, toe hy met sy voertuig oppad iewers heen was. Sy verminkte liggaam was die volgende dag gevind in ’n veld naby Fochville.

Twee verdagtes is intussen deur die polisie ondervra. Die man se familie doen ’n beroep op die publiek om na vore te kom met enige inligting wat kan help om die vermiste liggaamsdele terug te kry. Hulle kan nie die man ’n tradisionele begrafnis gee, voordat al sy liggaamsdele teruggevind is nie.

Die polisie doen ook ’n beroep op enige-een wat hulle kan voorsien van inligting, om Stafsersant Happy Vilankulu te kontak by 082-719-8373 (- SAPA)