Subscribe by Email

Vermoedelikke Brussels bomaanvaller in hegtenis geneem

1460145519420Mohamed Abrini, wat gesoek is in verband met die Islamitiese Staat se aanvalle in Parys in November, is in Brussel in hegtenis geneem. België se openbare uitsaaiers sê hy was waarskynlik ook betrokke by verlede maand se bomaanvalle in Brussel. Die polisie sê Abrini, ’n 31-jarige Belg, is vermoedelik ook die man met die hoed wat op beeldmateriaal van veiligheidskameras by die Brusselse lughawe verskyn. Op dié beeldmateriaal van 22 Maart word hy saam met die twee selfmoord-bomaanvallers gesien.

One Response to Vermoedelikke Brussels bomaanvaller in hegtenis geneem

  1. Erik Adriaensen

    April 9, 2016 at 3:42 pm

    Goed gedaan België !