Subscribe by Email

Vermiste olietenkskip opgespoor

vietnamese-oil-tanker-goes-missing

n Vietnamese olietenkskip wat vir ‘n week vermis was nadat dit deur seerowers gekaap is, is weer opgespoor.

Die Sunrise-689 en sy 18 bemanningslede is deur ‘n groep van tien gewapende mans op motorbote gekaap, kort nadat die skip op 2 Oktober uit Singapoer vir Vietnam vertrek het.

Die onderkaptein sê die seerowers het alle kommunikasie- en navigasiestelsels vernietig en gedreig om bemanningslede dood te maak indien hulle weerstand sou bied.

Die seerowers, vermoedelik van Indonesië, het van die olie na hulle bote oorgetap. Dit is die twaalfde vragskip wat sedert April in suidoos-Asië gekaap is.

Die skepe en bemanningslede word gewoonlik vrygelaat nadat die vrag gesteel is.