Subscribe by Email

Vermiste man gevind in tierhaai se maag

Tierhaai

Die liggaamsdele van ‘n man wat vermis geraak het, is in ‘n tierhaai gekry.

Die liggaamsdele behoort waarskynlik aan ‘n visserman wat in die Bahamas vermis geraak het.

Die polisie sê die vingerafdrukke is dié van Judson Newton, wat in Augustus vermis geraak het toe hy strand toe geswem het, nadat sy boot gaan staan het.

Die tierhaai van drie-komma-ses meter lank is deur ‘n sporthengerlaar gevang.

Die hengelaar het volgens berigte ‘n mensbeen by die haai se bek sien uitsteek terwyl hy dit ingekatrol het. Die weermag is ingeroep en hulle het die haai oopgesny en ‘n bo-lyf, twee arms en ‘n regter been gekry.

Die voorval het plaasgevind in dieselfde omgewing waar die destydse Jaws-rolprente verfilm is.

DNA toetsuitslae word egter nog ingewag om te kan bevestig of dit wel die liggaam van Judson Newton is.

Die 43 jarige Newton, het met vriende op die boot gery toe die boot gaan staan het. Hy en nog iemand het probeer strand toe swem, maar altwee het verdwyn. Die 3 ander vriende is later veilig op die dobberende boot gevind waar hulle om hulp gewag het.