Subscribe by Email

Vermeende renosterstropers skiet op ‘n helikopter van SANParke

dogsDie minister van Omgewingsake, Edna Molewa, het SA Nasionale Parke en wetstoepassings-agentskappe geluk gewens omdat hulle ‘n ramp afgeweer het nadat vermeende renosterstropers in die Kruger-wildtuin op ‘n helikopter van SANParke losgebrand het. Sy sê dit verteenwoordig ‘n dramatiese styging in die stryd om die bedreigde diere. Die vlieënier kon daarin slaag om te land en almal aan boord is ongedeerd. Vier verdagtes is in hegtenis geneem en drie vuurwapens, ammunisie en stropingstoerusting afgeneem.