Subscribe by Email

Verkragtingsyfer skok CDP

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het sy skok uitgespreek oor die Interpolverslag wat daarop dui dat minder as een uit ‘n honderd verkragtingsake in Suid-Afrika by die SAPD aangemeld word.

“Sou Interpol in die kol wees, beteken dit dat in plaas van die meer as 66 000 gevalle wat wel aangemeld word, daar in werklikheid sowat 7 miljoen verkragtingsgevalle per jaar in die land voorkom,” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP.

“Ons herhaal ons oproepe op ‘n beter morele voorbeeld wat deur die owerhede gestel moet word, asook ‘n groter morele herlewing onder die publiek. Sosio-ekonomiese en ander faktore mag oorsake wees dat die land die verkragtingshoofsetel in die wêreld is, maar dis nie ‘n verskoning nie.”