Subscribe by Email

Verkoop van onderwysposte ondersoek

SADTU

Die Departement van Basiese Onderwys het bekend gemaak dat ‘n taakspan begin het om die beweerde verkoop van onderwysposte te ondersoek.

n Woordvoerder van die Departement, Elijah Mhlanga, sê ‘n ondersoek is begin en daar is klaar onderhoude met vakbonde gevoer,”

In ʼn verklaring het Ms AngieMotshekga, minister van basiese onderwys, gesê die taakspan is op die been gebring na berigte dat beamptes, insluitend vakbondverteenwoordigers, poste verkoop het.

Mhlanga het gesê die span sal ondersoek instel oor of daar tekortkominge is in die aanstellingsbeleid van onderwysers.

Die duur van die ondersoek sal bepaal word nadat die omvang van die probleem vasgestel is.

‘n Verslag sal daarna aan die Minister voorgelê word.