Subscribe by Email

Verkiesings-kandidaat van die EVV word gediskwalifiseer

mabotja-EFFDie Kieshof het ‘n kandidaat van die Ekonomiese Vryheidsvegters verbied om in die Tshwane-metro in Pretoria te staan in volgende week se plaaslike regeringsverkiesing. Thabo Mabotja se diskwalifisering volg op ‘n rassistiese Twitter-boodskap waarin hy gesê het alle witmense moet vermoor word. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het die saak by die Kieshof aanhangig gemaak. Die EVV het homself vroeër van Mabotja gedistansieer en gesê die party sal nie sy uitspraak verdedig nie.