Subscribe by Email

Verkeersbeampte weens omkopery in hegtenis geneem

Various roadblocks led by female traffic officers are planned during Women’s Month‘n Verkeersbeampte van die Johannesburgse metropolisie is in Soweto weens omkopery in hegtenis geneem. Die vrou het ‘n geheime agent van die nasionale teen-korrupsie-eenheid voorgekeer omdat sy voertuig onpadwaardig was. Sy het omkoopgeld van 100-Rand geëis in plaas daarvan om die lisensieskyfie te verwyder en die voertuig van die pad te haal. Meer as eenduisend-Rand is in haar besit gevind. Vrydag is ‘n munisipale verkeersbeampte van Randfontein op ‘n soortgelyke klag op die R-28 aan die Wes-Rand in hegtenis geneem.