Subscribe by Email

Verhoor oor misdade teen die mensdom in Argentinië begin

Altesaam 68 mense wat van misdade teen die mensdom aangekla word, se verhoor het dié week in Argentinië begin. Die omvang hiervan word as ‘n “megaproses” beskryf.

Die verhoor – nie die eerste nie – spruit uit vergrype tydens die militêre diktatuur van 1976 tot 1983. Altesaam 800 gevalle van beweerde menseregteskendings kom in hierdie verhoor aan die bod.

Een van die aangeklaagdes is Julio Poch, ‘n voormalige loods van Transavia. Hy word as die loods van die “vlugte van die dood” beskryf. Met dié vlugte is teenstanders van die bewind na bewering lewend uit vliegtuie in die Atlantiese Oseaan gegooi.

Nog ‘n aangeklaagde is Alfredo Astiz, bekend as die “blonde engel van die dood.” Hy was ‘n offisier in die berugte Marine-instituut waarin 5 000 linksgesindes aangehou is, maar net ‘n paar honderd lewend daarvan afgekom het. Astiz dien reeds lewenslange gevangesstraf na ‘n vorige verhoor uit.

Foto: Reuters: Twee moeders van slagoffers se blydskap na Astiz in ‘n vorige verhoor lewenslank tronk toe gestuur is.

 

 

Herman Toerien