Subscribe by Email

Verhoging in werklikheid net 1,4 persent

EskomEskom het die Gautengse hooggeregshof se besluit om Outa se aansoek om ‘n dringende interdik teen die implementering van die nege-komma-vier-persent tariefverhoging van die hand te wys, verwelkom. Die kragvoorsiener sê die tariefverhoging word verkeerd verstaan, want as dit uiteengesit word, is die verhoging in werklikheid net een-komma-vier-persent. Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het in 2012 aan Eskom ‘n agt-persent verhoging per jaar vir die vyf jaar tot in 2018 goedgekeur. Eskom se woordvoerder, Anoj Singh, sê die verhoging sal hulle in staat stel om die tekort aan inkomste van 11-komma-twee-miljard Rand te verhaal.