Subscribe by Email

Verdere ondersoek word gedoen na die voorval wat Oscar Pistorius in die hospitaal laat beland het

BN-LN779_pistor_P_20151203034902Korrektiewe Dienste doen ‘n verdere ondersoek na eergister se voorval wat Oscar Pistorius met gewrigsbeserings in die hospitaal laat beland het. Die departement het vroeër bewerings verwerp dat die Paralimpiese kampioen sy eie lewe probeer neem het in sy tronksel in Pretoria, waar hy ‘n sesjaar-vonnis uitdien vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp. Pistorius se broer, Carl, het op sosiale media gesê Oscar het gegly, maar nie ernstig seergekry nie. Hy sê die berigte oor ‘n selfmoordpoging is onwaar en sensasioneel.