Subscribe by Email

Verdere klagtes teen drie geskorste joernaliste,

Hlaudi+MotsoenengSolidariteit het ‘n rukkie gelede bekend gemaak dat die SAUK verdere klagtes ingedien het teen drie geskorste joernaliste, Foeta Krige, Suna Venter en Thandeka Gqubule. Hulle is skriftelik ingelig dat hulle na bewering verdere wandade gepleeg het deur onder meer die media oor hulle skorsing in te lig en hulle voortgesette weiering om opdragte uit te voer. Die vakbond se bestuurshoof, Dirk Hermann, beskryf die jongste verwikkeling as verdere sensuur en vra alle Suid-Afrikaners om bankvas agter die geskorste joernaliste te staan sodat die SAUK se aanslag teen mediavryheid in die kiem gesmoor kan word.