Subscribe by Email

Verdagtes in hegtenis wat kleuter wreed aangerand het

Foto: Eyewitness News. Verdagtes geboei

Die polisie in Gauteng het twee verdagtes in hegtenis geneem, wat verdink word dat hulle die Robin Hills kleuter en haar oppasser wreed aangerand het.

Die eenjarige Marzaan Kruger was wreedaardig aangerand tydens ’n huisroof laas Donderdag. Sy is in ’n ernstige, maar stabiele toestand in die Sandton Medikliniek.

Haar oppasser, Francina Sekhu was ook aangerand, maar dit word verstaan dat sy nie kan onthou wat gebeur het nie.

Die owerheid vermoed dat die verdagtes deel was van ’n span bouers wat in die gebied werksaam was. Eugene Opperman, polisiewoordvoerder het Sondag gese dat gesteelde goedere van die huis in die verdagtes se besit gevind is.

Die verdagtes is in Alexandra deur die Hillbrow SAPS Trio taakmag opgespoor en in hegtenis geneem.