Subscribe by Email

Verdagtes in die moord op Winnie Rust hoor of hulle borgtog kry

a311dddd7c634fbdb24f197875467fc5Twee mans wat aangekla word van die moord op die Bolandse skrywer Winnie Rust, verskyn vandag weer op Wellington in die hof om die uitslag van hulle borgtog-aansoek te hoor. Die agtienjarige Nigel Plaatjies en sy 34-jarige oom, Johannes Plaatjies, word daarvan aangekla dat hulle die 77-jarige Rust verlede maand in haar huis op die dorp verwurg en beroof het. Tydens hulle vorige verskyning is getuig dat die twee kort na die moord kitsbank-onttrekkings en aankope met Rust se bankkaarte gedoen het.