Subscribe by Email

Verdagte wat skoolmeisie verkrag en vermoor het, aangekeer

Die verdagte wat gesoek word in die saak waar ’n 16 jarige skoolmeisie op ’n hoewe buite Villiersdorp verkrag envermoor was, is aangekeer, 100de kilometers vanaf die toneel, met behulp van die gemeenskap en plaaswerkers. Hy sal na verwagting in die Caledon Magistraatshof verskyn teen Vrydag.

Alicia Muller was vermoor op die plaas, Morning Glory buite Villiersdorp, toe sy op pad deur die veld gestap het om die skoolbus te haal. Haar moordenaar is opgemerk toe hy bo op haar gesit het, nadat haar gille die aandag getrek het van haar oppasser, Liesbeth Ambros.

Boere en plaaswerkers van die gebied het die polisie bygestaan om na die vermeende moordenaar te soek en inligting is ontvang dat die man in Joubertina in die Oos-Kaap opgemerk is. Die 24 jarige verdagte is toe met behulp van die Port Elizabethse polisie gister gearresteer, 2 dae na die voorval.