Subscribe by Email

Verdagte terroris deurloop vliegkursus in België

‘n Man met ‘n terreurverlede het sonder probleme ‘n loodskursus by Wevelgem in België deurloop.

Die Komitee P, wat die oorsigrol oor die polisiedienste in België uitvoer, meen die skakeling tussen polisiedienste en ander veiligheidsinstansies, ook by lughawens in dié land skiet tekort.

As voorbeeld word genoem dat die man met die terreurgeskiedenis aan die lughawepolisie by Zaventem bekend was, maar nie aan hul eweknieë by Oostende nie, en so kon hy die opleiding as loods probleemloos deurloop.

Die komitee is net so beswaard oor die gebrek aan profielwerk onder risikopassasiers. Die komitee beveel aan dat daar ‘n sentrum van kundiges daargestel word wat veiligheid by die verskillende lughawens sal koördineer.

Foto: Photo News

 

 

Herman Toerien