Subscribe by Email

Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n DA-raadslid

206453706‘n Nege-en-twintigjarige verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n DA-raadslid in die Noordkaap, Johannes Baatjies. Hy is enkele ure voordat hy as raadslid in die Kgatelopele-munisipaliteit ingesweer is, vermoor. Sy liggaam met skietwonde is naby sy motor in Postmasburg aangetref. ‘n Passasier wat saam met hom gereis het, is gewond en is steeds in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal. Die verdagte sal na verwagting vandag in die landdroshof in Postmasburg verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.