Subscribe by Email

Verdagte aktiwiteite in FIFA se bankrekeninge

michDie Switserse prokureur-generaal, Michael Lauber, sê banke in Switserland het verdagte aktiwiteite in FIFA se bankrekeninge by die Switserse  owerhede aangemeld.

Lauber het die media toegespreek oor sy kantoor se ondersoek na bewerings van korrupsie by die wêreldsokker beheerliggaam.

Die ondersoek kan lei tot die heropening van die bodproses vir die wêreldbekers in 2018 en 2022, wat aan Rusland en Katar toegeken is.