Subscribe by Email

Venus Williams word uitgeskakel by die Amerikaanse Ope

during Day 8 of the 2008 U.S. Open at the USTA Billie Jean King National Tennis Center on September 1, 2008 in the Flushing neighborhood of the Queens borough of New York City.

Die wêreld se nommer-een-speler, Serena Williams van Amerika, is deur na die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope nadat sy Yaroslava Shvedova van Kazakstan met 6-2 en 6-3 geklop het. Williams het Roger Federer nou verbygesteek en die aantal wedstryde wat sy by major-toernooie gewen het, staan op 308. Haar suster Venus is uitgeskakel toe sy deur Karolina Pliskova van die Tsjeggiese Republiek afgeransel is. Roemenië se Simona Halep is ook deur na die laaste 16.

In die mansafdeling het die wêreld se tweede gekeurde, Andy Murray van Brittanje, met Bulgarye se Grigor Dimitrov afgereken om na die kwarteindstryd deur te dring. Die telling was 6-1, 6-2 en 6-2. Stan Wawrinka van Switserland het die Oekraïne se Illya Marchenko huis toe gestuur, terwyl die Argentyn Juan Martin del Potro met 6-3 en 3-2 voorgeloop het teen Dominic Thiem van Oostenryk toe laasgenoemde ‘n kniebesering opgedoen en die baan verlaat het. Kei Nishikori het ‘n indrukwekkende oorwinning oor Ivo Karlovic van Kroasië behaal.