Subscribe by Email

Ventersdorp, ‘n resep vir oorlog, of vrede vandag?

Ventersdorp hofgronde op Dinsdag. Foto: The Daily Maverick

Cosatu in Noordwes het aangekondig dat hulle vandag om 12:00 ’n publieke massavergadering gaan hou in Ventersdorp. Dit gebeur terselfdertyd as die begrafnis van Eugene Terre’Blanche op die dorp. Is hierdie vergadering van Cosatu “toevallig”?

Met die eerste oogopslag kom dit voor as ’n resep vir groot moeilikheid. Aan die een kant, is die fokus op die begrafnis van Eugene Terre’Blanche en aan die ander kant die Cosatu se massavergadering.

Dalk is hierdie massavergadering van Cosatu dalk nie so ’n slegte plan nie, om die twee groepe in Ventersdorp wat mekaar klaarblyklik nie kan verdra nie, uit mekaar se pad te hou? Met die vergadering van Cosatu in die swart woongebied van Ventersdorp, behoort die fokus van swart inwoners op Ventersdorp te verskuif vanaf die begrafnis van Eugene Terre’Blanche in die dorp self en dit is moontlik dat vrede wel kan heers op vandag se begrafnis.

Daar is nog bepaalde risiko’s aan verbonde met so ’n massavergadering. Solank aggressiewe leiers nie op so ’n vergadering teenwoordig is nie, behoort die kontrole daarvan nie te sleg te verloop nie. Maar, as dit sou gebeur dat ’n AWB begrafnisganger dalk moontlik ’n swart persoon langs die pad gaan aanrand, fisies of verbaal, of andersom ook, ’n swart persoon langs die pad dieselfde doen, kan hierdie ’n plofbare situasie afgee.

Cosatu se vergadering gaan oor, word berig, plaasmoorde en dissipline van sy lede.