Subscribe by Email

Venda-koning steun die Vuwani-gemeenskap se eise oor afbakening

vendaDie Venda-, Toni Mphephu Ramabulana, ondersteun die Vuwani-gemeenskap in Limpopo se betogings teen die nuwe munisipale afbakening. Tientalle skole is aan die brand gesteek of beskadig deur gemeenskapslede wat deel van die Makhado-munisipaliteit wil bly. Ramabulana het gister met die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, en Limpopo se LUR vir menslike nedersettings en tradisionele sake, Makhoma Makurupetje, vergader. Alhoewel hy die geweld en vernietiging veroordeel, sê Ramabulana dat hy voornemens is om president Jacob Zuma te vra om die besluit oor die afbakening in te trek.