Subscribe by Email

Veiligheid op plase

Die nasionale polisie-kommissaris, Riah Phiyega doen na verwagting vandag ‘n voorlegging oor veiligheid op plase by die Menseregtekommissie se verhoor in Johannesburg.

Dr. Danny Titus, deeltydse kommissaris aan die stuur van die panel wat hieroor sit, sê vakbonde wat plaaswerkers verteenwoordig sal ook getuig.

Veiligheid op plase

Veiligheid op plase

Die kommissie het twee dae in September oor die kwessie vergader nadat AfriForum verskeie klagtes oor plaasmoorde voorgelê het.

Tydens die sitting in September het onder meet AfriForum, Agri SA, TLU SA, die National African Farmers’ Union *(NAFU), private sekerheidsmaatskappye, regeringsdepartemente soos justisie en die Gautengse gemeenskapspolisieringsforum, voorleggings gedoen.

Uit die voorleggings was dit duidelik dat die polisie nie genoeg helpbronne en kundigheid het om aanvalle doeltreffend in veral afgeleë gebiede te bestry nie.

Boonop die stadige reaksietyd  heers daar wantroue onder baie boeregemeenskappe teenoor die polisie weens ‘n beweerde halfhartige houding om plaasmoorde te ondersoek, het die kommissie gehoor.

Kobus Breytenbach van Agri SA het tydens die MRK-sitting gesê “Ons het ‘n bekwame, nie-rassige en goed opgeleide polisie nodig en die  doeltreffende toepassing van ons uitstekende landelike beveiligingsplan.”  Volgens hom is daar sowat R 516miljoen se vee tussen Maart 2013 en april 2014 in Suid-Afrika gesteel.

Nadat die regering jare lank huiwerig was om plaasmoorde tot ‘n priotiteitsmisdaad te verklaar, is Nhleko se erkenning dat iets drasties gedoen moet word om boere en plaaswerkers te beskerm wyd verwelkom