Subscribe by Email

Van plan om die Sunday Times by die Persombudsman te verkla

jackDie ANC se hoofsweep, Jackson Mthembu, is van plan om die Sunday Times by die Persombudsman te verkla oor wat hy beskryf as die publikasie van ‘n blatante onwaar berig. Die koerant het berig dat Mthembu in ‘n brief aan die Parlement se reëlskomitee ‘n verandering voorgestel het om verdere aanvalle op president Jacob Zuma in die Nasionale Vergadering te verhoed. Hy eis dat die koerant dit terugtrek en ‘n verskoning plaas.