Subscribe by Email

Valskermspringer val na sy dood in Harrismith

Tydens die jaarlikse Bergbohaai fees in Harrismith, het ‘n valskermspringer na sy dood geval. Die oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie. ‘n Ondersoek is deur die burgerlugvaartowerheid van stapel gestuur.

Volgens Mark Bellingan, nasionale veiligheid- en opleidingsbeampte van die Valskermvereniging van Suid-Afrika (Pasa), het Johan Mulder (43), Saterdagoggend aan sy beserings beswyk.

Volgens onbevestigde berigte het die valskerm nie oopgegaan toe hy uit n Atlas Angel fvliegtuig van Rustenburg gespring het, as deel van n lugvertoning by die fees. Mulder was ‘n ervare springer en het reeds sowat 2600 spronge voltooi.

Sy liggaam is op n plaas gevind net buite Harrismith.