Subscribe by Email

Val skaliegas in sy eie swaard ?

Die Brits-Australiese BHP Billiton moes pas $2,8 miljard op ‘n skaliegasveld in Fayetteville, Arkansas afskryf – nie oor die gas minder is as wat voor eksplorasie gehoop is nie, maar omdat die oorproduksie van skaliegas die prys van gas in die VSA in ‘n jaar met 45 persent laat daal het. Dit is die laagste vlak sedert 1999.

Die tegnologie om skaliegas ekonomies lonend te ontgin, is teen die laat jare 90 ontwikkel, en binne vyf jaar was die VSA selfvoorsienend aan gas. Nou oortref die produksie die aanvraag by verre.

Metaangas, die gas wat met skaliegas ontgin word, is in sy gasvorm ‘n broeikasgas wat met CO2 meeding, maar as dit vir energiedoeleindes verbrand word, is dit omgewingsvriendelik.

Vroeër vanjaar het die Internasionale Enegrie-agentskap, IEA, geskryf dat ‘n goue toekoms vir skaliegas voorlê. Weens die groter beskikbaarheid van die gas, en die gevolglike afwaartse druk op ,pryse, word verwag dat die aanvraag na gas tussen 2010 en 2035 met 50% toeneem. Teen 2035 word verwag dat gas steenkool as energiebron sal verbysteek, en met 35 % van die markaandeel nog net deur olie oortref sal word.

Die IEA is bewus van die weerstand teen skaliegasontwikkeling, en moedig maatskappye aan om al die moontlike voorsorg te tref, en daaroor met die gemeenskappe oop kaarte te speel. Die IEA maan dat die voorkomingsmaatreëls die ontginningskoste met sowat 7 persent sal opjaag.

In 2009 is aangekondig dat ‘n katalisator vir die omskakeling van metaangas tot vloeibare brandstof ontdek is.

http://www.trouw.nl/tr/nl/4332/Groen/article/detail/3296940/2012/08/06/Bodemprijs-zit-schaliegas-in-de-weg.dhtml en

Closer to Reforming Natural Gas Into Liquid Fuels

Herman Toerien