Subscribe by Email

Vakbonde sluit gunste ooreenkoms met Eskom

NUM-pic-ANN7-1Die vakbonde NUM en Solidariteit het ‘n ooreenkoms met Eskom onderteken na ‘n uitgerekte onderhandelingsproses by die kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie wat dié week se onwettige staking beëindig het. Dit behels verhogings van tussen 8,5 en tien persent in die eerste jaar en ag persent in die tweede. Solidariteit sê sy lede is baie tevrede met wat hy beskryf as ‘n uitstekende aanbod van Eskom.