Subscribe by Email

Vaal-universiteit van Tegnologie hervat sy akademiese program

Vaal-e1442250583633 (1)Die akademiese program van die Vaal-universiteit van Tegnologie in Vanderbijlpark, Gauteng, word vandag hervat nadat dit opgeskort is weens gewelddadige betogings waartydens verskeie geboue aan die brand gesteek is. Die eksamen wat ‘n week gelede moes begin, is tot 3 Junie uitgestel. Bestuur sê die ondersoek na die geweld duur voort en enige student wat betrokke was, sal getug word.