Subscribe by Email

uUtgewys vir gevaarlike duikslae

super rugbyDie senter van die Sharks, André Esterhuizen, en die heelagter van die Stormers, Robert du Preez, is uitgewys vir gevaarlike duikslae in Saterdagaand se Superrugby-kragmeting in Durban.

Die Nieu-Seelandse skeidsregter, Glen Jackson, het Esterhuizen vroeg in die eerste helfte en Du Preez in die 76ste minuut met geel kaarte gestraf.

Die Sanzar-uitwysbeampte meen egter swaarder strawwe kan van toepassing wees.