Subscribe by Email

Usain Bolt maak atletiekgeskiedenis

2016 Rio Olympics - Athletics - Final - Men's 4 x 100m Relay Final - Olympic Stadium - Rio de Janeiro, Brazil - 19/08/2016. Usain Bolt (JAM) of Jamaica leads the pack during the race. REUTERS/Alessandro Bianchi

Die wêreld se vinnigste man, Usain Bolt van Jamaika, het Olimpiese geskiedenis gemaak toe sy land vanoggend die 100 meter-aflos gewen het op die Spele in Rio. Dit is die derde agtereenvolgende Spele dat hy goud wen in die 100 meter, die 200 én die 100-aflos, wat hom ‘n ongekende trippel-trippel besorg het. Japan was tweede en die bronsmedalje is aan Kanada toegeken nadat Amerika, wat derde was, gediskwalifiseer is weens ‘n laat oorgee. Amerika het die vroue-aflos gewen met Jamaika tweede en Brittanje derde.