Subscribe by Email

Usain Bolt kwalifiseer ook vir die 200 meter op die Olimpiese Spele

boltDie wêreld se vinnigste man, Usain Bolt van Jamaika, het gekwalifiseer vir die 200 meter op volgende maand se Olimpiese Spele in Rio de Janeiro. Hy het op die Diamantliga-byeenkoms in London die nommer in 19,89 sekondes gewen nadat hy vroeër reeds vir die 100 meter kwalifiseer het. Die Amerikaner Kendra Harrison het op die byeenkoms ‘n dekade-oue rekord in die 100 meter hekkies vir vroue verbeter. Haar tyd van 12,20 sekondes verbeter die rekord van 12,30 wat Yordanka Donkova van Bulgarye in 1988 opgestel het.