Subscribe by Email

Usain Bolt bevestig sy uittrede uit die sport

Usain+Bolt+Olympics+Day+11+Athletics+4kG-YV_RiD_lDie Jamaikaanse naelloop-kampioen, Usain Bolt, het bevestig dat hy uit die sport sal tree na volgende jaar se wêreldkampioenskap in Londen. Die komende Olimpiese Spele wat in Augustus in Rio de Janeiro plaasvind, sal sy laaste wees en hy hoop om nog drie goue medaljes te wen. Volgens berigte het die moontlikheid bestaan dat die sesmalige wenner van Olimpiese goue medaljes sy loopbaan kon uitrek tot die Olimpiese Spele wat volgens beplanning in 2020 in Tokio sal plaasvind. Bolt sê hy is vasbeslote om voor sy aftrede die eerste man te word wat die 200-meter in minder as 19-sekondes aflê.