Subscribe by Email

Universiteite verduidelik hulle reaksie op betogings

profwimdevilliersNa ‘n week van betogings het Wits Universiteit se senior uitvoerende span ‘n verklaring uitgereik om te sê die instelling is gesluit omdat dit nie verder die risiko kan loop dat studente, personeel en veiligheidspersoneel beseer word nie. Dit sal weer heropen wanneer die veiligheid en sekuriteit van personeel, studente en eiendom gewaarborg kan word. Die universiteit waarsku dat, indien die situasie nie verbeter nie, koshuise dalk gesluit sal word.

Stellenbosch se rektor, Wim de Villiers, sê studente het die reg om vreedsaam te betoog, maar nie om geboue te beset, klasse te ontwrig of ander te dreig en aan te rand nie. De Villiers het op die betogings gereageer deur te sê die universiteit het opgetree om studente, personeel en fasiliteite te beskerm in belang van die akademiese projek. Hy voeg by dat die bestuur saamstem dat hoër onderwys toeganklik moet wees vir so veel mense as moontlik.