|

Transnet-pensioenarisse: Vordering in siviele- en kriminele hofsake teen Transnet

Die VF Plus kan bekend maak dat stelselmatige vordering gemaak word in beide die siviele- en kriminele sake teen Transnet. “Wat die siviel-regtelike aansoek betref, het die VF Plus Dinsdag, 14 Februarie 2012, die aanmaningsbrief aan Transnet uitgereik. Ingevolge die Wet op die Instelling van Regsprosedures teen Sekere Organe van die Staat, 40 van 2002, het Transnet nou 30 gewone dae om hierop te reageer en te voldoen aan die uitvoering van die parlementêre opdrag. Indien Transnet nie reageer teen die middel van Maart 2012 nie, sal die VF Plus ‘n aansoek loods in die hooggeregshof teen Transnet,” het adv. Anton Alberts, parlementêre woordvoerder oor ekonomiese sake, gesê.

“Ons is vandag ook deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens verwittig dat die ondersoek afgehandel is en oorhandig is aan die kantoor van die Nasionale Vervolgingsgesag. Ons verwag om teen volgende week te verneem wat die volgende ontwikkeling in hierdie verband sal wees,” het Alberts bygevoeg.

“Die VF Plus besef dat die siviele saak langer neem as wat verwag is, maar deeglike voorbereiding is van kardinale belang indien ‘n groot instansie soos Transnet in die hof gedaag word. Verder sal die VF Plus die moontlikheid ondersoek om ‘n privaat-vervolging teen Transnet in te stel indien die NVG sou besluit om nie voort te gaan met die strafregtelike saak teen Transnet nie. Uiteindelik sal geregtigheid seëvier,” is die mening van Alberts.

Die VF Plus onderneem, soos altyd, om die pensioenarisse op hoogte van die sake te hou.

Short URL: http://www.koerant.co.za/?p=7344

1 Kommentaar for “Transnet-pensioenarisse: Vordering in siviele- en kriminele hofsake teen Transnet”

  1. Na 50jaar as lid van trasmed moet ek nou bedank asgv transnet se koppigheid om nie vir ons iets te doen nie

Leave a Reply

Recently Commented

  • lj oelofse: Goeie Dag my storie is n baie lang een. ek het Nov 2011 aansoek gedoen vir skuldberading. R50.00 bet.My...
  • soon: waar kan ek kontak maak om tehelp of deel tewees van die beveg teen die stropers? enige iemand wat my kan help...
  • Gert Kruger: VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF (VVO) TEL/FAKS (012) 653-176 3 Mei ’06 ————...
  • Herman: Baie, baie dankie. Ek waardeer dit. Herman
  • Johan: Aan Herman Toerien ‘n Woord van besondere gelukwense oor jou besondere gebalanseerde inskatting van die...
  • Herman: Baie dankie Herman v R. Openheid het ook elders op die Net deel vd gesprek geword, en daar word op die...