|

Nzimande se bedoelings na tragiese dood van NWU-student word sterk betwyfel

Die motiewe van die besluit van die minister van hoër onderwys, dr Blade Nzimande, om steeds voort te gaan met ’n ondersoek na die onlangse insident waarin Thabang (Godwin) Makhoang op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus verdrink het, word sterk bevraagteken, het AfriForum Jeug vandag gesê.

AfriForum Jeug eis dat ʼn liggaam, wat deur die universiteitsraad aangestel word, die tragiese voorval ondersoek en nie ʼn komitee wat deur die departement van hoër onderwys aangestel is nie.

“AfriForum Jeug gaan voorts met die rektor, prof Herman van Schalkwyk vergader om te verseker dat gesonde aktiwiteite soos ’n vrugtefees nie met die departement van hoër onderwys se vooroordeel beklad word nie,” het Marcus Pawson, voorsitter van AfriForum Jeug se NWU-tak, gesê.

Alhoewel die insident tydens ’n georganiseerde vrugtefees plaasgevind het, het Nzimande volgehou dat ’n ondersoek nodig is om oriënteringsprogramme aan dié universiteit te ondersoek omdat sodanige praktyke dikwels onmenslik is en te veel na inlywing klink.

“Die departement gebruik die tragiese voorval vir politieke gewin om van enige vorm van tradisie of kultuuraktiwiteit ontslae te raak,” sê Pawson.

“Die departement se aanval op die NWU is egter kortsigtig en versteur die samehorigheid wat jare reeds onder studente aan die universiteit bestaan. Die regering lê gedurig klem op die nadele van koshuisaktiwiteite, terwyl studente moeg is daarvan dat kwessies soos dié verpolitiseer word.”

“In plaas daarvan dat die rasseduiwel ter wille van ideologiese standpunte agter elke bos gesoek word, behoort die departement eerder sy energie en hulpbronne aan te wend om moedertaalonderrig aan tersiêre instellings te bevorder en studente beter toe te rus met kennis en vaardighede,” sê Pawson.

Short URL: http://www.koerant.co.za/?p=7409

Leave a Reply

Recently Commented

  • lj oelofse: Goeie Dag my storie is n baie lang een. ek het Nov 2011 aansoek gedoen vir skuldberading. R50.00 bet.My...
  • soon: waar kan ek kontak maak om tehelp of deel tewees van die beveg teen die stropers? enige iemand wat my kan help...
  • Gert Kruger: VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF (VVO) TEL/FAKS (012) 653-176 3 Mei ’06 ————...
  • Herman: Baie, baie dankie. Ek waardeer dit. Herman
  • Johan: Aan Herman Toerien ‘n Woord van besondere gelukwense oor jou besondere gebalanseerde inskatting van die...
  • Herman: Baie dankie Herman v R. Openheid het ook elders op die Net deel vd gesprek geword, en daar word op die...