|

Nuuskommentaar: FW wil onderhandelingsooreenkomste laat handhaaf

Opsomming

Onlangse opmerkings deur pres. Jacob Zuma oor planne om die Grondwetlike Hof te hersien, het oud-president FW de Klerk laat reageer.

Dit is egter nie die eerste keer dat De Klerk die ANC-regering die leviete voorlees nie, en sy Stigting lewer ook gereeld kommentaar oor waar gemeen word die ANC die Kemptonparkse skikking in die wind slaan.

Weens die grootlikse kaping of disfunksionering van grondwetlike liggame wat inhoudelik gestalte aan die staatkundige aspekte van die skikking moes gee, is die howe en veral die grondwetlike hof by baie nou die laaste bastion van die wigte en teenwigte wat die nuwe grondwet sou waarborg.

Gereelde stemme gaan op vir dialoog en selfs ‘n ‘n heronderhandelde skikking. De Klerk kan kennelik ‘n kernbelangrike rol speel, maar dan moet hy, soos in ‘n ander konteks gesê is, ‘n kans kry. Om hom as verraaier of sukkelaar wat deur mnr. Roelf Meyer en sy onderhandelingspan ore aangesit is te verguis, dra niks by tot die beste belang van die land, en die Afrikaner nie.

Dis egter ook nodig dat De Klerk, sy stigting en ander eietydse rolspelers om ‘n tafel bymekaar kom en ‘n strategie uitwerk oor hoe om die moddergooiproses wat net verloorders oplewer, in ‘n wen-wen-strategie te omskep.

Hoe kan sinvoller staatkundige opsies weer op die tafel geplaas word? Of minstens, hoe kan sinvol gestalte gegee word aan die weliswaar gebrekkige opsies wat die bestaande grondwet bied?

‘n Groter mate van eerlikheid oor wat tydens Kemptonpark gebeur het, en veral verkeerd geloop het, raak nou uit ‘n politieke sosiologiese oogpunt noodsaaklik, maar sal nie gebeur as verguising by voorbaat die manier is nie.

Lees die volledige verslag by

http://hermantoerien.posterous.com/nuuskommentaar-fw-wil-onderhandelingsooreenko

Short URL: http://www.koerant.co.za/?p=7315

2 Comments for “Nuuskommentaar: FW wil onderhandelingsooreenkomste laat handhaaf”

  1. Dankie Herman, dit is die sinvolste bespreking oor oud-president FW de Klerk se moontlike bydrae in belang van die land maar veral vir die Afrikaner in ‘n te lang tyd. Ek kan net hoop dat dit inslag sal vind by die huidige leidende groepe.

  2. Dankie Danie. Op MaroelaNuus was daar ook ‘n klompie kommentare. Ek sal dit waardeer as jy daar ook sal gaan loer.

Leave a Reply

Recently Commented

  • lj oelofse: Goeie Dag my storie is n baie lang een. ek het Nov 2011 aansoek gedoen vir skuldberading. R50.00 bet.My...
  • soon: waar kan ek kontak maak om tehelp of deel tewees van die beveg teen die stropers? enige iemand wat my kan help...
  • Gert Kruger: VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF (VVO) TEL/FAKS (012) 653-176 3 Mei ’06 ————...
  • Herman: Baie, baie dankie. Ek waardeer dit. Herman
  • Johan: Aan Herman Toerien ‘n Woord van besondere gelukwense oor jou besondere gebalanseerde inskatting van die...
  • Herman: Baie dankie Herman v R. Openheid het ook elders op die Net deel vd gesprek geword, en daar word op die...