Subscribe by Email

UK-stadige transformasie

Dr Max Price

Dr Max Price by Persklub

Die Universiteit van Kaapstad se visekanselier, Dr Max Price het gister by die Kaapstadse Persklub gepraat  oor transformasie in die akademiese sektor.  He het gesê instellings soos die Kaapse Vennootskap en Accelerate Cape Town is bekommerd oor die vraag waarom dit so moeilik is om swart mense in uitvoerende bestuursposisies na Kaapstad te lok en hier te laat werk en woon.

Price het gesê die nommer een kwessie wat Kaapstad in die gesig staar is getalle.  In Gauteng is 83% van inwoners swart.  Die omgewing en kampusse daar is baie meer swart vergeleke met Kaapstad.  Dit gaan nie net oor die werkplek nie, maar ook mense se leefruimte.  Daar is byvoorbeeld baie minder swart kinders in goeie Kaapse openbare skole as in vergelykbare skole in Gauteng.

Oor hoekom daar so min professors by UK is het hy gesê “Dit is nie ‘n UK-probleem nie.  Dit is ‘n nasionale probleem.  Dit is skokkend dat daar nie ‘n enkele swart vroueprofessor by die UK is nie.

Of die aantal swart professors by die UK toegeskryf kan word aan rassisme help dit om dié kwessie in konteks te beskou. Die poel moet in ag geneem word. Daar is slegs 28 swartprofessors in Suid-Afrika, met 22 universiteite wat om hulle meeding.

Buiten dat die universiteite om hierdie akademici meeding, is daar ook ‘n baie mededingende mark en universiteite betaal nie die beste salarisse nie.

Swart profesionele mense word ook gelok deur die druk op die regering om die staatsdiens te transformeer, het Price gesê.