Subscribe by Email

Uitspraak word volgende week verwag oor die afdanking van SAUK-joernaliste

journalDie Arbeidshof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die aansoek van vier SAUK-joernaliste teen hulle afdanking by die openbare uitsaaier. Foeta Krige, Suna Venter, Krivani Pillay en Jacques Steenkamp het verlede week saam met vier kollegas hulle werk verloor nadat hulle eers geskors is omdat hulle beswaar gemaak het teen die korporasie se besluit om nie meer beeldmateriaal van gewelddadige betogings uit te saai nie. Die SAUK het intussen die besluit herroep nadat die Helen Suzman-stigting hom hof toe geneem het. Solidariteit, wat die vier joernaliste verteenwoordig, het ook ‘n aansoek by die Grondwethof ingedien.