Subscribe by Email

Uitspraak verwag in ‘n SAUK-joernalis se aansoek teen die beëindiging van sy kontrak

160321Vuyo-jpgDie Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg gaan na verwagting vandag uitspraak lewer in die saak van die veteraan-SAUK-joernalis Vuyo Mvoko. Hy is verlede maand saam met sewe ander afgedank omdat hulle hulle uitgelaat het oor sensuur by die openbare uitsaaier. Die ander is weer aangestel na ‘n Arbeidshofsaak, maar Mvoko kon nie ‘n skikking met die SAUK bereik nie en het die hof genader.