Subscribe by Email

Uitslag van Wits se peiling oor die hervatting van klasse word vandag verwag

wits-cover-photo-adjustedDie Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg sê die meningspeiling om te bepaal of klasse moet hervat het goed gevorder en die meeste studente het die boodskap ontvang. Die universiteit het gister deur middel van ‘n SMS aan studente en personeel gevra of hulle verkies dat klasse Maandag hervat word indien daar genoeg sekuriteit op kampus is. Volgens berigte het sommige studente nie die SMS ontvang nie, maar die universiteit se woordvoerder, Shirona Patel, sê die ouditeure sal dit in ag neem.

Die elf studente van die Universiteit van Rhodes in Grahamstad wat in hegtenis geneem is na skermutselings met die polisie, is op waarskuwing vrygelaat. Die polisie sê die studente is aangekla van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging, maar die landdroshof in Grahamstad het bevind die aanklagte teen die studente is nie behoorlik geformuleer nie. Die elf sal vandag weer in die hof verskyn om te hoor wat die voorwaardes vir hul vrylating behels.