Subscribe by Email

Uitslag van ‘n ondersoek na die Australiese krieketspeler Phil Hughes se dood

Cricket-Phil-Hughes-PM3‘n Verslag oor die dood van die Australiese krieketspeler Phil Hughes het bevind dat die British Standard-kopskerm wat nou verpligtend is, nie sy lewe sou gered het nie. ‘n Bal het hom teen die kop getref tydens ‘n wedstryd in Sydney in November 2014 en hy is twee dae later in die hospitaal dood. Volgens die ondersoek sou ‘n ander kopskerm nie ‘n verskil gemaak het nie weens die posisie waar die bal sy kop getref het. Die ondersoek beveel aan dat alle eersterangse spelers verplig word om ‘n kopskerm te dra wanneer hulle kolf teen mediumsnel- of snelboulers.