Subscribe by Email

Uiters warm temperature en waterskaarste

sunshineUiters warm temperature sal tot Dinsdag voortduur in die noordelike dele van Gauteng, asook Limpopo en Mpumalanga. ‘n Weerkundige van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Wayne Venter sê daarna behoort daar ‘n bietjie verligting te wees.

Intussen het Johannesburg Water inwoners gemaan om water spaarsamig te gebruik en alternatiewe maniere te vind om koel te bly tydens die hittegolf. Gebiede soos Midrand, Kyalami en Soweto het ‘n tekort aan water weens ‘n toename in waterverbuik. Waterbeperkings is in September ingestel weens die voortslepende droogte. ‘n Woordvoerder, Tidimalo Chuene sê water moet bespaar word om damvlakke en reservoirs ‘n kans te gee om te herstel. Chuene sê dit is te verstane dat inwoners wil afkoel, maar dat water nie vermors moet word nie.

One Response to Uiters warm temperature en waterskaarste

  1. Koos

    November 1, 2016 at 6:24 am

    Sommige mense luister nie, hulle staan nog steeds met tuinslange en grasperke nat lei terwyl baie ander plekke sonder water is. Op hede is water ‘n nood kommoditeit al betaal jy daarvoor……….