Subscribe by Email

Uiteindelik! (‘n Stap in die regte Rigting)

Dit wat ek al vir ‘n aantal jare voorspel is uiteindelik besig om te begin gebeur. Die Internet pryse is besig om te val. Toegang tot die Internet is nou besig om binne die bereik te kom van meer en meer Suid-Afrikaners.

Ek sou sê dat ek dink die grootste veranderinge begin het toe Afrihost ‘n revulusie begin het deur die prys van Internet toegang se prys te verlaag na tot R14.50 per gig. Ek is seker die primêre diensverskaffers in die land besef het dat hul dae van groot winste iets van die verlede is. Ek glo ook dat maatskappye soos MTN en Vodacom ook besef het dat hulle heel moontlik hulle pryse sal moet begin verlaag. Hoekom sou iemand tot R2000 per gig betaal indien R14,50 moontlik is.

Afrihost was op daardie stadium die eerste diensverskaffer wat werklik hul gebruikers in ag geneem het. Ek het ook op daardie stadium dadelik van diensverskaffer verander. Nie net om hul te ondersteun in wat hulle doen nie, maar ook omdat dit finansieel baie sin gemaak het vir my.

Mweb het laasweek aangekondig dat hulle nou onbeperkte Internet beskikbaar maak teen ‘n ongelooflike goeie prys. Reg oor die web word daar nou nog gepraat oor hierdie stap. Mweb was vir ‘n baie lang ruk verseker een van die maagskappye wat nog die duurste was met hul aanbiedings en dit is wonderlik om te weet dat hulle nou in die regte rigting beweeg. Nie net in die regte rigting nie, maar al die kleiner ISP’s sal nou ook hul pryse moet laat val.

Dit is ‘n groot deurbraak vir die Internet verbruikers in Suid-Afrika. Afrihost het aangekondig dat hulle teen Dinsdag hul nuwe beter aanbiedings sal aankondig. Ek sien uit na hierdie aankondiging!

Die einigste deel van Internet toegang waarvan pryse nie afneem nie is jou ADSL huur (Telkom). Telkom se pryse vir Internet toegang het die afgelope paar jaar eerder toegeneem. Jy as intekenaar is ook verplig om ‘n telefoonlyn by te neem wat dan ook nog ‘n hele paar rand by jou rekening sit elke maand. Telkom moet hierdie monopolistiese houding en gebruike afskaf. Jou telefoonlyn en Internetkonneksie behoort twee aparte opsies te wees. Ek wil nie ‘n Telkom telefoon he nie, maar ek moet vir een betaal omdat ek ADSL by my huis wil he. Dit is tyd dat hierdie pryse ook begin daal.

Nico Baird

One Response to Uiteindelik! (‘n Stap in die regte Rigting)

  1. Raymond

    Maart 21, 2010 at 5:51 pm

    Ja, ek stem saam, dat Telkom nou die enigste muur is wat nog afgebreek moet word om ons in SA werklike goedkoop breeband te laat kry. Dit is ongehoord dat mens vir een stukkie koperkabel twee keer moet huur betaal. ICASA behoort hulle al lankal aan te gespreek het hieroor. Dan. ‘n ander groot probleem waarmee ons nog lank gaan sukkel, is ons lynspoed in SA. Ander lande lag vir ons 4Meg lyne wat tans die vinnigste is hier. Selfs al word dit opgradeer na 8Meg toe, soos wat telkom beplan, lag hulle nog steeds.

    Neotel is orals aan die slote grou om fibre optic kabels te plant. Mens kan net hoop dat fibre optic gouer as later ‘n opsie kan word in plaas van die koper wat nou in jou huis inkom. Die ontbondeling van Telkom se binnelandse infrastruktuur moet ook nou vinnig plaasvind, dan sal ons werklik kan begin saampraat met die res van die wereld oor goedkoop internet.