Subscribe by Email

Uit die onderstel van ‘n Boeing 747 val

BA747_2318517b

Die lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) sê sy amptenare werk met die polisie saam om vas te stel hoe twee verstekelinge daarin geslaag het om toegang tot ‘n Boeing 747 van British Airways te verkry.

Dit volg nadat ‘n man hom gisteroggend op ‘n kantoorblok in Londen doodgeval nadat hy uit die onderstel van die vliegtuig geval het terwyl die straler op pad was om te land ná ‘n vlug vanaf Johannesburg.

Nog ‘n verstekeling het die vlug oorleef en is in ‘n ernstige toestand in ‘n Londense hospitaal.

Acsa-woordvoerder Colin Naidoo sê die owerhede in Londen ondersoek ook die voorval en probeer nog om die identiteit van die twee mans vas te stel.